Skuldig, skuldig... 105 kere

Beeld Mar 13 2008 09:19:49:843PM - (SA)
Magdel Fourie

Met altesame 105 agter-eenvolgende pleite van �skuldig, edelagbare� op dies�lfde aantal aanklagte, het �n man (55) van Roodepoort gister skuld daarop beken dat hy sy dogter (10) jare lank herhaaldelik verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het ook in die Johannesburgse hooggeregshof beken dat hy pornografie gemaak het deur di� dade, sowel as die meisie se naakte geslagsdele, op foto�s vas te l�.

Die man �n sy vrou, wie se name nie bekend gemaak mag word nie ten einde die kind te beskerm, staan saam tereg op 6 aanklagte van verkragting, 36 van onsedelike aanranding, 42 van oortredings van die Wet op Films en Publikasie en 21 van crimen injuria.

Die ma se saak word na verwagting vandag aangehoor wanneer �n pleitooreenkoms met die staat bes moontlik afgehandel sal word.

Gister het adv. Carla Britz, aanklaer, al 105 aanklagte aan die maer, bebaarde man voorgelees, waarop hy telkens, met sy hande agter sy rug vasgeklem, skuldig gepleit het.

Die egpaar is in Mei 2006 gearresteer kort nadat hul blondekopdogter by haar laerskool �onrusbarende� prentjies geteken het � en haar onderwyser die skoolhoof daarvan vertel het, het insp. Peet du Toit, ondersoekbeampte, gister aan Beeld ges�.

�Een daarvan was drie figure, waarvan twee op �n bed gel� het en een dan met �n kamera gestaan het.�

Die skoolhoof het onmiddellik die polisie gekontak.

Du Toit het toe �n volle week saam met die meisie deurgebring waarin sy di� gru-dade, wat vandat sy ses jaar oud was vir vier jaar geduur het, in detail aan hom beskryf het.

Hy was die eerste mens met wie sy dit gedeel het.

�Sy het dadelik begin praat oor alles. Dit het net aanhou uitkom en sy was baie emosioneel,� onthou hy.

Al di� inligting is eindelik �eksplisiet uiteengesit� in haar verklaring.

�n Kinderlanddros het daarna gou opdrag gegee dat die kind summier van haar ouers verwyder word en in pleegsorg geplaas word, het Du Toit ges�.

Daarna is haar ouerhuis deursoek � en het die polisie op sowat 96 eksplisiete pornografiese foto�s op die egpaar se rekenaar afgekom.

Di� foto�s was �n �spie�lbeeld van die meisie se verklaring�.

Daaruit is die eindelike aanklagte saamgestel, waarvan adv. Anton Lerm, die man se regsverteenwoordiger, die besonderhede gister in die pleitdokument aan die hof voorgehou het.

Benewens dat die pa glo die meisie minstens ses keer verkrag het terwyl haar ma dit op foto�s vasgel� het, moes die meisie ook haar ouers afneem terwyl h�lle seks het.

Haar naakte geslagsdele is ook telkemale betas en afgeneem.

Du Toit bestempel di� saak as een van die ergste sake wat tot nog toe in die Wes-Rand aangemeld is.

�Die meisie kry nou nog gereeld berading, want dit gaan baie sleg met haar. Sy sukkel om aan te pas � veral in �n normale huishouding.�

Waarnemende regter Naren Pandya sal na verwagting vandag uitspraak lewer.